MISSIE

Om voedselsekerheid, behuising, opleiding, werksgeleenthede, sekuriteit, handelsgeleenthede, gesondheidsorg en ‘n veilige toekoms en hawe aan ons mense te bied.

VISIE

Veilige gebiede regdeur Suid-Afrika en elders waar ons mense vry, voluit en sorgeloos kan leef en floreer sonder politieke intimidasie of ander bedreigings, waar kinders kan lag en speel sonder sorge, waar tieners kan ontwikkel tot hul volle potensiaal, waar volwassenes die vreugde van hul arbeid en uitvindsels kan geniet, waar almal gesond en in oorvloed kan lewe soos dit ons Skepper behaag, waar senior persone goed versorg word en nuwe generasies met wysheid en insig toerus, en waar goeie handelsbetrekkinge aangegaan word met alle vredeliewende indiwidue, volke en nasies.

WAARDESTELSEL

  1. Almal het die reg tot vryheid – vryheid van spraak, veiligheid, assosiasie, geloof, ens.
  2. Ons is eerbaar, eerlik, verkondig die waarheid, draai nie doekies om nie en kom ons beloftes na.
  3. Ons gedra ons met waardigheid en respekteer almal binne ons gemeenskappe; ons is hulpvaardig en nuttig waar nodig.
  4. Ons dien die gemeenskap se belange eerder as ons eie. Ons is nie selfsugtig nie en deel met ander dit wat ons in oorvloed het.
  5. Ons leef in harmonie met die natuur en is goeie rentmeesters van die skepping waaroor ons aangestel is deur ons Skepper.

END